top of page

Ontmoet die persoon agter die skryfstukke 

In die foto is my hare lank en redelik bruin. Tans is my hare kort, bruin, rooi, ligte bruin en koper. Ek hou van verandering en uitdagings want op die manier kan mens groei. Ek waardeer die foto aangesien dit op 'n baie lekker toer geneem was en ek baie lief is vir my glimlag in die foto. Ja ek het 'n dumpel! 

Ek beskryf myself as 'n sirkel-mens. Iemand wat nie in 'n hoek gedruk wil word nie en deur die lewe rol. 

My naam is gevorm uit my ouma en my ma se naam. Laaste deel van my ma se naam (sha) en die eerste deel van my ouma se naam (Mari). Op die manier het ek nie 'n familienaam nie, maar ek is in my famile ingeweef. 

​

Skryf is my asemhaal en mense, plekke en gebeurtenisse is my inspirasie. 

​

IMG_20190318_140818_edited.jpg

© 2023 by Turning Heads. Proudly created with Wix.com

Blue Flower
bottom of page