top of page

Begin vandag nog ontleed: Tippex dit uit

Anne-Marie Conradie skryf die ATKV-Jeugprys van 2003. Dis belangrik om boeke te kies wat jy geniet om te lees en waar die karakters groei ondergaan. ’n Karakterontwikkeling. In hierdie boek is die hoofkarakter Rensche. Sy gaan deur vreeslike trauma. Die dame vind uit dat sy swanger is nadat sy “ge-date rape” was. Haar pa is die predikant op die dorp en dis haar plig om altyd goed op te tree. Dis hoe haar ma dit wil hê. Sy het nie die beste verhouding met haar ma nie. Dis hoekom sy saam met haar vriendinne, Elle en Jana besluit om ’n aborsie te doen. Sonder dat haar ouers daarvan weet. Dis vir haar belangrik om die perfekte dogter te wees. Jana se broer, Willem, sal die aborsie doen aangesien hy ’n mediese student is. Daar gaan egter iets verkeerd en Rensche sterf.

Elle kan die nuus nie hanteer en sy probeer die gebeure uitsluit deur haar bene teen haar op te trek. Jana voel verward en ongelooflik getraumatiseerd. Willem kan egter nie die nuus hanteer nie. Hy kan nie hanteer da thy die oorsaak is van Rensche se dood nie. Hy kan nie met die skuld saam lewe nie. Hy pleeg selfmoord by die dam.

Hierdie boek spreek baie aspekte aan waardeur tieners gaan. Van verhoudings met ouers, tienerswangerskappe en selfmoord. Alhoewel Rensche die hoofkarakter in die verhaal is het ek gevind dat Jana die meeste karakteronwikkeling ondergaan. Sy ervaar egter die meeste trauma deur die woorde wat geskryf is.

Op die laaste bladsy van die boek bid Jana saam met Siena, hulle huishulp. Hulle steek kerse aan vir die lewens wat hulle verloor het. Nie net bid Siena saam nie, maar Jana se ma kom bid ook saam. Sy noem dat hulle “baie het om oor te bid”. Die boek eindig met die woorde “Vir die eerste keer in my lewe gaan ek vry wees, omdat die waarheid my gaan vry maak”. Hierdie oop einde sorg daarvoor dat die leser kan besluit of Jana werklik deur die waarheid vry gemaak is.

Hierdie boek sluit vir my aan by biblioterapie aangesien dit soveel aspekte aanspreek en Jana deur karakterontwikkeling gaan. Die leser kan met Jana vergelyk en beleef hoe hulle die situasie kan hanteer as hulle ook deur trauma gaan. Hierdie boek het ‘n mooi einde net soos elkeen wat deur trauma gaan ’n mooi einde kan hê.


Comentários


White Flower

Interessante feite oor die skrywer

1. Ek kan my tong in 'n blommetjie vou. 

2. Ek het geen boeties nie. 

3. Ek het al op verskeie platforms van my werk gepubliseer. 

4. Ek is 'n soettand. 

5. Ek lees min. 

Kry 'n stukkie observasie in jou mandjie:

© 2023 by Turning Heads. Proudly created with Wix.com

Blue Flower
bottom of page