top of page
Search

Wees jou eie terapeut: Ek is

  • Writer: Observeerder
    Observeerder
  • Aug 24, 2022
  • 2 min read

Om my emosies neer te pen het my al vreeslik baie gehelp. Ek het in graad sewe beleef hoe een van die seuns in my skool selfmoord pleeg. Deur oor die gebeurtenis en die storie te skryf het my vreeslik baie gehelp. Ek het geskryf oor die serp wat mens warm maak en dit het hom koud gelos. As ek nie die emosies neer geskryf het nie sou ek nie deur dit kon werk nie.


Ek het in graad drie die skoolkoerant “Dirkie dinge” begin. Die koerant is steeds aan die gang en is ’n groot trots van my. Op die manier kon ek nog mense inspireer. In my hoërskool jare het ek ’n skryfklub begin. Op die manier het ek nog mense aangemoedig om te begin skryf en ook hulle talent verder te ontdek.


My drama juffrou het een maal gesê sy kyk nog getekende films omdat dit haar kraetiwiteit aan die gang hou. Ek is seker dit kan dieselfde werk met die lees van kinderboeke. Jou verbeelding kan aangewakker word. Op die manier kan jy nog beter skryf en jy kan baie kreatief wees.


My sussie het ’n gebeds-emmertjie. As sy vir iets bid dan sit sy dit in die emmertjie. Wanneer dit geantwoord word sit sy dit in ’n ander houertjie. Sy skryf haar gebede neer want op die manier kan sy reflekteer en ook sin maak van die emosies wat sy ervaar.


Pen jou emosies neer. Skep geleenthede om ander meer te inspireer. Lees kinderboeke om jou kreatiwiteit te bevorder. Kry ’n notaboek en reflekteer oor dit at jy al geskryf het.


Het jy al geleenthede geskep om ander te inspireer om te skryf. Selfs al is dit net ’n aanlyn profiel of ’n geselsie.



ree

 
 
 

Comments


White Flower

Interessante feite oor die skrywer

1. Ek kan my tong in 'n blommetjie vou. 

2. Ek het geen boeties nie. 

3. Ek het al op verskeie platforms van my werk gepubliseer. 

4. Ek is 'n soettand. 

5. Ek lees min. 

Kry 'n stukkie observasie in jou mandjie:

© 2023 by Turning Heads. Proudly created with Wix.com

Blue Flower
bottom of page