Onderwyser: Jy kan ook ’n biblioterapeut wees
Ek het die kursus bibliotherapy, literature and mental health gedoen. Liewe onderwyser, jy kan ook. Dit kan net ’n voordeel wees in jou klaskamer. Biblioterapie kan in groepe gedoen word soos in die klaskamer, ’n boekklub of as individu.
Onderwysers is storievertellers en het die geleentheid om kinders te beïnvloed. Nie net ken hulle die kinders nie maar kan hulle ook die kinders se swak en sterkpunte leer ken.
Ek het in graad nege ’n onderwyser gehad wat vir ons ’n boek gelees het as on sons werk klaar gedoen het. Dit was altyd die hoogtepunt van ons periode.
Op so ’n manier kan onderwysers ook die werk wat hulle met die kinders doen aanpas by die boek wat hulle lees.
Boeke het die geleentheid om vir die leerders insig te gee tot ’n verbeeldingswêreld wat verdere voordele vir die kind se ontwikkeling sal hê. Dit kan help om hulle woordeskat te verbeter. Wanneer ’n goeie woordeskat gevorm word kan die kind ’n stem hê. Dis makliker om hulle gedagtes te verwoord. Hulle kan empatie ontwikkel asook probleemoplossings vaardighede.
Biblioterapie is ’n baie goeie hanteringsmeganisme vir kinders. Op die manier kan hulle hulle stres hanteer. Kinders kan dan hulleself ondersteun wanneer ouers afwesig is. Dus word hulle emosioneel sterker. Wanneer jy met die karakters in die boek kan vereenseldig kan daar selfinsig ook gedoen word.
Wanneer jy ’n die klas ’n bespreking doen kan elkeen hulle opinie lewer en ook kan hulle mekaar se opinies hoor. Dis ook ’n voordeel van groepsbespreking in ’n boekklub.
Biblioterapie het net voordele vir die klaskamer. Doen so gou as moontlik die kursus.

Comentarios