top of page

Sý het so tot verhaal gekom, jy kan ook!

Lizette Rabe is ‘n joernalis wat baie al bereik het in haar media loopbaan en haar akademiese liefde. Vandag wil ek graag ‘n fokus op haar plaas vandag. In my vorige blog het ek vlugtig na haar verwys. Sy het die boek “Om tot verhaal te kom” geskryf waar sy basies biblioterapie gebruik om deur haar emosies te werk. In 2009 het haar seun selfmoord gepleeg. Hy was ‘n vierdejaar student in medies. Hy het baie goed gedoen in sy vakke. Cum was sy voorland. Sy skryf dat hulle nie eens voor hulle oë die pyn kon sien waardeur hy moes gaan nie. Alhoewel hy baie toekomsplanne gehad het was dit nie genoeg om sy pyn te begrawe nie.


Hierdie was ‘n groot skok vir Rabe. Sy skryf verder dat sy 10 dae voor sy dood nog vir hom twee nuwe pare skoene gekoop het. Na sy dood lê Rabe klem daarop dat depressive ‘n siekte is en dat selfmoord gesien word as die enigste uitweg vir die siekte.


Uit hierdie seer het Rabe ’n boek geskryf. Sy het ook vele ander gehelp wat deur soortgelyke situasies gaan deur briewe te skryf. Hierdie kan gesien word as ’n vorm van epos-terapie.


Prof Lizette Rabe skryf in haar boek: “Trauma verander jou, dikwels onherroeplik. Die lewe gebeur met elkeen van ons en laat sy letsels. Egskeiding, siekte, misdaad, dood- almal ervaar een of ander tyd ’n yslike trauma wat jou stukkend agterlaat en met die vraag: Hóé gaan ek voort? Die antwoord lê in jouself: Skryfterapie.” Sy motiveer skryfterapie deur verder te skryf: “Skryfterapie is ’n bewese manier om verlies en trauma te verwerk, ongeag die aard daarvan en ongeag jou skryfvermoë.”


Prof Rabe het my geïnspireer om meer te skryf. Ek beplan om binne die volgende jaar my eerste boek klaar te skryf. Ek hoop om dit dan aan julle elkeen bekend te stel. Ek hoop jy sal ook meer geïnspireer word daardeur.





Comments


White Flower

Interessante feite oor die skrywer

1. Ek kan my tong in 'n blommetjie vou. 

2. Ek het geen boeties nie. 

3. Ek het al op verskeie platforms van my werk gepubliseer. 

4. Ek is 'n soettand. 

5. Ek lees min. 

Kry 'n stukkie observasie in jou mandjie:

© 2023 by Turning Heads. Proudly created with Wix.com

Blue Flower
bottom of page