Ek is nie ‘n skrywer nie – Wat nou?
In Lizette Rabe se boek ”Om tot verhaal te kom” skryf sy: Begin net skryf. Almal kan skryf. Jy hoef nie goed te skryf om jou emosies uit te leef in woorde nie. In teen deel. Hoe meer jy dit doen hoe beter gaan jy raak. Vir my is dit die maklikste om te skryf wat rondom my aangaan. Ek glo dis die begin. Soos in my eerste blog gesê, begin by iets kleins. Mens kan letterlik skryf oor net dit wat jy sien. Hier
die tipe verhale noem ek my ‘Observasie stories’ want ek observeer wat rondom my aangaan. Emosies, aksies, mense en selfs diere. Kry net vir jou ‘n pen en papier, kies ‘n omgewing en begin skryf.
Hier volg een van my stukke wat ek geskryf het nadat ek in die parkie gaan stap het.
The oval
{“The oval” is ’n parkie geleë in Irene. Dis ’n geskiedkundige area aangesien die konsentrasiekampe jare terug daar geleë was. Daar is meeste van die tyd lekker baie aktiwiteit en dis ‘n veilige omgewing om te gaan stap of net die natuurskoon op ’n bankie te geniet. Ek het een middag gaan stap en vir ’n oomblik gaan sit om te observeer. Geniet hierdie observasie.}
Hierdie paartjie het aanmekaar geplak so asof een van hul 'n suurstofmasjien vir die ander een moet wees. Toe staan hulle plakkend op, pak die kombers op en vertoef na hulle volgende bestemming.
Aan die kant van die sirkel is 'n groep jongmense. Hulle geniet moderne musiek en speel met die honde-kinders.
Die ouer dame in die pers langmouhemp en kort swart broek sny koek oor die sirkel en haar horlosie blink in die winterson. Sy is haastig oppad huistoe na haar oefensessie.
Twee swart dames loop met die kind in die stootwaentjie wat hulle oppas terwyl sy moeder by die kantoorwerk sit. Agter 'n rekenaar.
Die man met die ligte bruin krullige hare lyk moedeloos. Kyk af. Dit lyk asof hy bid. Hy bid langs die granietbord wat verduidelik waar die konsentrasiekamp van hier af lê.
Die blonde lopende kind het nou uit die stootwaentjie geklim en hardloop met sy kort beentjies rond. Dan kom daar nog 'n kind op 'n stootfietsie. Hy het 'n wildtuinhoed aan en lyk kompleet asof hy op 'n Safari is.
Nou hardloop die groep jongmense met die honde ook rond. Die een honde-kind het los gekom en hardloop agter 'n nuwe besoeker se hond aan.
En terwyl die twee klein maatjies bal skop en die jongmense hardloop, sit ek en observeer.
Is jy bang om te begin skryf? Moenie wees nie! Begin net skryf. Deel jou observasie stuk met my en dan kan ons lekker stories uitruil.

Comments