top of page

Kies die regte boek op hierdie manier

Het jy al ooit soos die ‘nerd’ van die groep gevoel? Die een wat nie lekker inpas nie. Christien Neser gee die boek “Amper Einstein” in 2013 uit. In hierdie boek kan jy as leser veral met die nerd Leonard. Sy gesin is finansieel nie op die beste plek nie. Na Leonard se pa se ongeluk wat veroorsaak het dat hy in ‘n rolstoel sit ervaar die gesin vele uitdagings. Boonop vind die gesin ook uit dat Micha, die klein boetie, outisme het. In hierdie verhaal word beskryf hoe Leonard in ’n familie leef waar dinge nie altyd so maklik is nie. Leonard vind egter ’n weg om vir homself ’n beurs te kry vir universiteit en alhoewel sy boetie hom eriteer bly hy lief vir hom. Hy maak ook staat op sy vriende wat hom ondersteun maak nie saak hoe sleg dit gaan nie.


Kom ons gebruik hierdie storie en ontleed dit op grond van ’n paar biblioterapie aspekte.

Dis belangrik om eers te weet waaruit biblioterapie bestaan om die regte boek te kies. Veiligheid, verhouding en aksie. Veiligheid verwys daarna dat die persoon veilig en gemaklik moet voel om hulle emosies te ontdek. Verhouding bou verwys na die verhouding wat die leser en die woorde bou. Die leser vorm ’n konneksie met die karakters. Hierdie veroorsaak dat daar ’n selfbewustheid veroorsaak word. Die laaste deel is aksie. Hierdie proses moet met ’n oop kop gebeur. Die boek moet aksie aanmoedig sodat daar karakterontwikkeling in die karakter en die leser plaasvind. Wanneer daar insig in jou eie situasie geskep word deur die boek kan daar nuwe perspektief in die oplossing gemaak word.


In hierdie boek het ek veilig gevoel aangesien ek kon agterkom dat die karakter ook soms so verward voel soos ek doen. Ek kon ’n verhouding met die hoofkarakter bou aangesien ek al deur hoërskool is en verstaan waarvan Leonard praat. Leonard werk hard om ’n beurs te kry en op die manier inspireer hy aksie.


Het jy al ’n boek gevind wat jou laat veilig voel, waar jy met die karakters ’n konneksie kan vorm en wat jou inspireer om oor te gaan in aksie? Laat weet my watse boek jou al so laat voel het in die kommentaar afdeling.





Comments


White Flower

Interessante feite oor die skrywer

1. Ek kan my tong in 'n blommetjie vou. 

2. Ek het geen boeties nie. 

3. Ek het al op verskeie platforms van my werk gepubliseer. 

4. Ek is 'n soettand. 

5. Ek lees min. 

Kry 'n stukkie observasie in jou mandjie:

© 2023 by Turning Heads. Proudly created with Wix.com

Blue Flower
bottom of page