Kom ons beantwoord ‘n paar vrae
Voordat ons meer van Biblioterapie kan leer moet ons ers weet wat dit is. In die volgende blog gaan ons eers kyk na wat is biblioterapie, waarom mense dit gebruik en wie dit kan gebruik.
Wat is Biblioterapie?
Het jy al van biblioterapie gehoor? Tans is dit ‘n baie onbekende term in Suid-Afrika en word dit meer oorsee gebruik. Biblioterapie was eers deur die grieke gebruik. ‘Biblio’ verwys na boeke en ‘therapeia’ beteken op iemand met hulle geestesgesondheid te help. Ek vermoed dis waar die woord terapie ook vandaan kom.
Boeke is letterlik medisyne vir die siel. Nie net is boeke al voorgeskryf vir mense om gesond te word nie, maar is daar biblioteke aan hospitale geheg vir mense se gesondheid. In die eerste wêreld oorlog het die soldate hulle trauma neergeskryf en ook boeke gelees om dit te verwerk. Een so ‘n voorbeeld is van Viktor E. Frankl “Man’s search for meaning”. Ek het nog nie self die boek gelees nie, maar hy is wel op my boekrak.
Waarom biblioterapie?
Wanneer ‘n mens jou verhaal neerpen of ‘n boek lees gebeur daar ‘n paar goed:
1. Mens neem eienaarskap van jou verhaal. Ek wil terug verwys na die eerste blog inskrywing. Nadat die dame haar verhaal neergeskryf het, het sy eienaarskap geneem en haar uitdagings in die oë begin staar.
2. Lesers kan vereenseldig met die karakters en kan die situasie op ‘n ander manier beleef. Op die manier kan die leser kreatiewe maniere kry oor hoe om hulle situasie te hanteer.
3. Wanneer die skrywer weer hulle stuk deurlees kan hulle reflekteer oor die situasie waarin hulle nou is. Jy kan dus in perspektief kry oor wat rondom jou aangaan.
4. Soms vat ek ‘n pen en papier en skryf net. Daarna gooi ek dit weg. Skryf kan jou help om sekere emosies te verwerk en ook om van sekere emosies ontslae te raak.
5. Biblioterapie kan jou veilig laat voel aangesien jy die geskrewe woorde kan vertrou. Die woorde gaan nie jou vertroue kan breek nie.
Wie kan biblioterapie gebruik?
Enige iemand! Letterlik enige iemand. Ouers, kinders, onderwysers, jong mense en meer. Persone wat baie stres, ‘n lae self beeld het, angs ervaar of deur verlies moet werk gebruik dit veral. Dit kan ook mense met geestes versteurings soos depressie, trauma, dwelm misbruik, self besering, OCD en eet versteurings help.
Ek gebruik gereeld skryf om van my emosies ontslae te raak. Het jy al skryf gebruik om van jou emosies ontslae te raak?
Nou weet ons meer van wat biblioterapie is. Ek sien uit om soveel meer daarvan te leer. Laat weet my as jy dalk nog vrae het oor die begrip biblioterapie en dan kyk ons saam wat die antwoord is.

Commentaires