Leer jou kind emosie raak lees
- Observeerder

- Aug 21, 2022
- 2 min read
Om vir kinders boeke te kies vir biblioterapie is ’n kuns. Daar is egter vele boeke wat kinders help om met hulle emosie te werk en lesse leer. As die kind nog nie die boek self kan kyk nie, kan jy as ouer, ou sus of onderwyser ook die boek vir hulle lees.
Ek het onlangs die kinderboek “’n Groot vriend vir klein Konyn” gelees. Hierdie boek kan kinders help om te sien wat ware vriendskap is. Dis ook ’n visuele boek en dit gee die kind die geleentheid om ook hulle eie storie tussen die prente te sien.
Hierdie storie gaan oor Loodjie wat nie ‘n maatjie het nie en dan kry Klein Konyn hom. Klein Konyn nooi Loodjie in sy huisie in en is baie gasvry. Hy laat sy nuwe maat baie welkom laat voel. Die boek eindig op ’n positiewe noot waar Loodjie vir almal pannekoek bak. In hierdie boek kom daar nie net die tema van vriendskap na vore nie maar ook van gemeenskap, die belangrikheid van lees en hoe om jammer te sê. As jy belangstel om hierdie boek te lees kan jy die inligting in die einde van die blog vind.
Die tweede kinderboek wat ek onlangs gelees is, is getiteld: “Maar hy’t dan meer as ek!” deur Stephanie Roehe. Hierdie boek spreek verskillende aspekte aan. Dit behels: jaloesie, vrienskap, die konsep wat kinders gebruik “maar almal doen dit”, dissipliene en deelsaamheid. In hierdie boek is die uitsondering van die reël die groot les wat geleer word. Hierdie boek gaan oor Fia en Fabie wat twee jakkalse is. Hulle baklei gedurig en wil vir hulle ma wys almal doen dit. Nadat hulle hulle ma bewys het almal baklei leer die twee egter ’n groot les. Hulle ontmoet twee klein muisies wat ’n mieliepit deel. Die twee muise is dankbaar vir die klein happie wat hulle kan deel want dan het hulle albei genoeg om steeds saam te speel. Die twee jakkalse leer hoe om te deel sodat elkeen genoeg kan hê en lekker saam te kan speel. Hierdie boek is ook lekker visueel en die kinders kan saam met die leser hulle verbeelding gebruik.
Dis ook lekker om speeltarapie saam met biblioterapie te doen om ’n groter impak op die kinders te hê. Dis belangrik om die kind se sterk en swak punte te leer ken om so doende die kind se sterkpunte te bevorder. Daar kan selfs gekyk word om die swakpunte na sterkpunte te verander. Biblioterapie is ook ’n lekker medium om te gebruik in die klaskamer vir onderwysers. Kinders kan deur hierdie terapie hulle selfvertroue opbou, hulle kognitiewe vaardighede ontwikkel asook hulle emosionele en sosiale vaardighede verder ontwikkel.
Boek inligting:
’n Groot vriend vir klein Konyn deur Heidi d’Hamers. Uitgewer: Fantasi.
“Maar hy’t dan meer as ek!” deur Stephanie Roehe. Uitgewer: Fantasi.









Comments