top of page

Lees gedigte vir jou gesondheid

Ek het onlangs ’n kursus gedoen by Bijal, “bibliotherapy, literature and mental health course”. Hier het ons verskeie afdelings hanteer wat ook al vroeër in blogs genoem is. Soos in die tweede blog. Om gedigte te lees en te skryf is die siel se manier om gesond te word. In die wêreld oorloë is dit gedokumenteer dat die skryf en lees van gedigte soldate asook dokters wat die trauma moes aanskou gehelp het.


Gedigte word ook gebruik by universiteite waar dokters opgelei word. Spesifiek by die Yale University en die University College London Schools of Medicine. Die dokters sal die gedigte lees om die pasiënte se pyn beter te verstaan. Verder kan die emosies van die pasiënte beter verstaan word om op die manier beter dienste te lewer.


Ek het al ervaar om die dat dit ook terapeties is om gedigte te ontleed. Daardeur kan jy jouself in die skoene van die digter plaas en die emosie ervaar wat die digter in die situasie ervaar het. Op die manier kan jy nuwe insigte kry oor die situasie waarin jy jouself ook bevind. Op die manier kan jy dalk ’n oplossing vir die probleem vind wat jy ervaar.

Gedigte het die vermoë om emosie oor te dra. Dis ’n kragtige medium wat baie detail vasvang.


Verder word daar genoem dat die skryf van ’n gedig baie dissipliene verg. Die keuse van woorde het ’n groot impak op die boodskap wat op die ou einde uitgedra word. Deur die woorde sorgvuldig te kies word daar deur die emosies gewerk. Daar word gekies watter emosie ontdek wil word.


Een digter wat vir my uitstaan in die vasvang van emosie is Ané Kotzé. Sy het ontlangs haar tweede digbundel “Verlatenkloof” uitgebring. Haar gedigte is opreg en mens kan jouself in die gedig inleef. Haar gedigte is normaalweg sonder ’n titel en dis kort gedagters wat van vreelike waarde spreek.


Ek deel graag een van haar gedigte uit haar nuwe bundel.


ek twyfel soms

maar hoop tog

dat jy als waaroor

jy nie praat nie

wel sal oorleef


In hierdie gedig kan die leser hom- of haarself indink in die digter se skoene en vereenseldig met die feit dat jy iemand ken wat iets in hulle wegsteek. Gedigte gee jou die geleentheid om iets in te lees wat vir elkeen persoonlik gaan wees.

Wat lees jy in die gedig in? Ken jy iemand wat nie praat nie, maar wat jy hoop oorleef?





Comments


White Flower

Interessante feite oor die skrywer

1. Ek kan my tong in 'n blommetjie vou. 

2. Ek het geen boeties nie. 

3. Ek het al op verskeie platforms van my werk gepubliseer. 

4. Ek is 'n soettand. 

5. Ek lees min. 

Kry 'n stukkie observasie in jou mandjie:

© 2023 by Turning Heads. Proudly created with Wix.com

Blue Flower
bottom of page