top of page

My eerste ontmoeting met biblioterapie

Ek was bevoorreg om die hoërskool waarin ek was se tonele te skryf. Reeds in graad 11 jaar het ek tonele op die planke gehad. Ek was genooi om met die dames te gaan gesels oor skryf. Elkeen het ‘n boksie Smarties gekry. Skryf begin by iets kleins soos ‘n smartie. ‘n Klein idee kan ‘n groot impak maak en ‘n wonderlike skryfstuk.


Nadat elkeen ‘n Smartie uit hulle boksie gekies het, het hulle tyd gekry om daaroor te skryf. Die pers Smartie wat ek gekies het, het my terug laat dink aan my ouma se Lavender kamer. ‘n Pers en geel kamer wat soos Lavender geruik het. Op die mure was Lavenders, die teestel het Lavenders op gehad en as my geheue my nie in die steek laat nie was daar selfs op die kussings Lavenders. Elke kamer het ‘n tema gehad. Hierdie huis is geleë in Heilbron, die huis van vlinders, feetjies en kabouters. Die perfekte huis vir elke kleinkind.


Een van die dames het ‘n geel Smartie met ‘n klein kraakie aan die kant gekies. Dit het veroorsaak dat die bruin van die sjokelade uitsteek. Sy het ‘n stuk geskryf vol metafore van die son en storms en die lig in haar lewe.


Nadat almal hulle stukke voorgedra het, het sy agtergebly. Sy wou graag haar stuk vir my ontleed. Sy het elke metafoor aan my verduidelik. Die son en die lig in haar lewe is die positiwiteit en die mooi wat sy van die lewe ervaar. Die bruin is die stukkie in haar lewe waarop sy nie so trots is nie. Haar donker deel. Sy was verslaaf aan Heroïne.



Ek was in verwondering, dat skryf haar so baie kon help. Perspektief geskep vir haar. ‘n Oproep na my ouers het hierdie verwondering bevestig. Ek het my loopbaan roeping ontdek. Ek wil graag


mense help deur vir hulle die waarde van skryf te leer.



Ek moet erken. Ek is nie ‘n kenner in die veld nie. Ek is maar net ‘n tweedejaars student wat ‘n

nuuskierigheid gekweek het vir biblioterapie. Ek het reeds my eerste kursus voltooi en ek is besig om my tweede boek te lees oor die onderwerp. Ek nooi jou om saam met my meer te leer daaroor en net dalk vind jy iets wat jou opgewonde maak.




Comments


White Flower

Interessante feite oor die skrywer

1. Ek kan my tong in 'n blommetjie vou. 

2. Ek het geen boeties nie. 

3. Ek het al op verskeie platforms van my werk gepubliseer. 

4. Ek is 'n soettand. 

5. Ek lees min. 

Kry 'n stukkie observasie in jou mandjie:

© 2023 by Turning Heads. Proudly created with Wix.com

Blue Flower
bottom of page